• Login
    View Item 
    •   ResearchSpace Home
    • College of Humanities
    • School of Arts
    • Languages & Literature
    • Masters Degrees (Languages & Literature)
    • View Item
    •   ResearchSpace Home
    • College of Humanities
    • School of Arts
    • Languages & Literature
    • Masters Degrees (Languages & Literature)
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Ruimte en identiteit na aanleiding van D.J. Opperman se digbundel, Komas uit 'n bamboesstok (1979) = Space and identity pertaining to D.J. Opperman's volume of poetry, "Komas uit 'n bamboesstok" (1979).

    Thumbnail
    View/Open
    Thesis. (1.077Mb)
    Date
    2013
    Author
    Lyons, Jacques.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Hierdie studie is ʼn ondersoek na die rol wat ruimte en identiteit speel in D.J. Opperman se digbundel Komas uit ʼn bamboesstok (1979). Die studie maak gebruik van ʼn kommunikatiewe benadering wat die leser in staat stel om op ’n geïntegreerde wyse verslag te doen oor die hele proses wat plaasvind tussen die sender en ontvanger, deur middel van die gedrukte teks. Die teoretiese kennis sal hoofsaaklik op Opperman se digbundel toegepas word, asook tekste vanuit die Afrikaanse letterkunde wat daarby aansluit. Hierdie verhandeling sal verder ook klem plaas op hoe Opperman se digbundel sy persoonlike ruimte en identiteit aan die leser oordra, asook hoe die uitbeelding aansluit by die vorming van die identiteit van die leser/mens. Die struktuur van die studie sal bestaan uit vier hoofstukke: Hoofstuk een is ʼn kort inleiding waarin fokus geplaas word op die navorsing en redes vir die ondersoek. Die hoofstuk sal verder ook die nodige struktuur van die studie uiteensit, asook verskeie sleutelbegrippe wat deel sal vorm van die studie en sal bydra tot die leser se begrip van dit wat in die studie verduidelik of uitgebeeld word. In hoofstuk 2 word ’n kort oorsig van die Afrikaanse literatuur, met klem op die geskiedenis agter die ontwikkeling van Afrikaanse verhalende literatuur tot en met die publikasie van Opperman se digbundel Komas uit ’n bamboesstok gegee. Daar sal verder ook gekyk word na die literêre veranderings wat plaasgevind het in die Afrikaanse digkuns, met klem op ’n kommunikatiewe benadering tot literatuur, asook ’n Russiese Formalistiese bydrae daartoe. Die eksplisiete en implisiete motiewe en temas wat binne die Afrikaanse literatuur bestaan, en so ook dié van Opperman, sal verken word. Laastens sal twee aspekte, naamlik teorieë verbonde aan ruimte en identiteit, asook hoe die genoemde teorieë sigbaar en/of geïntegreer is in Opperman se digbundel Komas uit ’n bamboesstok (1979) bespreek word. Hoofstuk drie van hierdie studie verleen aandag aan Opperman as skrywer en legende, asook sy digbundel Komas uit ’n banbloesstok. Klem word geplaas op biografiese inligting van D.J. Opperman en agtergrondsinligting oor sy digbundel Komas uit ’n bamboesstok. ’n Diepgaande bespreking van Opperman se digbundel, d.w.s. die voorblad, die titelblad, kerngebeurtenisse en figure in Opperman se digbundel, motiewe en temas, geselekteerde gedigte vanuit die genoemde bundel, ensovoorts, sal dan volg. In die laaste hoofstuk wat deel sal vorm van die studie, hoofstuk vier, sal daar tot ʼn slotsom gekom word en klem geplaas word op hoe Opperman se digbundel Komas uit ’n bamboesstok (1979) bygedra het tot vernuwing in die Afrikaanse digkuns.
    URI
    http://hdl.handle.net/10413/10654
    Collections
    • Masters Degrees (Languages & Literature) [34]

    DSpace software copyright © 2002-2013  Duraspace
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    @mire NV
     

     

    Browse

    All of ResearchSpaceCommunities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisorsTypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisorsType

    My Account

    LoginRegister

    DSpace software copyright © 2002-2013  Duraspace
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    @mire NV