Show simple item record

dc.contributor.advisorAlant, Jacob Willem.
dc.creatorPrinsloo, Loraine.
dc.date.accessioned2019-08-29T12:18:16Z
dc.date.available2019-08-29T12:18:16Z
dc.date.created2017
dc.date.issued2017
dc.identifier.urihttps://researchspace.ukzn.ac.za/handle/10413/16448
dc.descriptionDoctor of Philosophy in Afrikaans and Nederlands. University of KwaZulu-Natal. Durban, 2017.en_US
dc.description.abstractHierdie kwalitatiewe kritiese gevallestudie ondersoek en lewer verslag oor Afrikaans-tweedetaalonderwysstudente, wat ingeskryf het vir die module Afrikaans Kommunikasie 110 by die Skool vir Opvoedkunde aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, se motivering om Afrikaans te leer en hulle bereidwilligheid om Afrikaans te praat. Die volgende twee sleutelnavorsingsvrae word behandel, naamlik: (a) Wat is onderwysstudente se persepsies van hulle motivering om Afrikaans te leer? en (b) Wat is onderwysstudente se persepsies van hulle bereidwilligheid om Afrikaans te praat? Die eerste doelwit is om te beskryf wat onderwysstudente se persepsies is van hulle motivering om Afrikaans te leer. Daar word op Dörnyei (1994) se raamwerk vir tweedetaal-motivering gesteun. By die tweede navorsingsvraag word die klem geplaas op die onderwysstudente se persepsies van hulle bereidwilligheid om Afrikaans te praat en word MacIntyre (1994) se bereidwilligheid om te kommunikeer (BOK)-model voorgehou. Die konteks van die leer van Afrikaans in ’n provinsie waar dit statisties as minderheidstaal gesien kan word, word deurgaans in ag geneem. By navorsingsvraag 1 het die data-insamelingsproses eerstens geïdentifiseer wat die onderskeie deelnemers se motiveringsvlakke is om Afrikaans te leer. Deelnemers het aan die begin van die semester ’n vraelys voltooi en een-tot-een opvolgonderhoude is met hulle gevoer. Vir navorsingsvraag 2 is ’n fokusgroep gekies. Opnames is gemaak van die fokusgroep se gesprekke in Afrikaans in verskillende kommunikatiewe situasies. Deelnemers is die geleentheid gegun om tydens die opvolgonderhoude oor hierdie interaksies te besin. Die data wat vir beide navorsingsvrae 1 en 2 ingesamel is, is in beheerbare eenhede opgebreek en gekodeer. ’n Lys van kernpersepsies is dienooreenkomstig opgestel. Met betrekking tot navorsingsvraag 1, het die data-ontleding gefokus op drie aspekte: die deelnemers se persepsies van hulle gevoelens oor Afrikaans, die deelnemers se persepsies van die leer van Afrikaans oor die algemeen, asook hul persepsies van die leer van Afrikaans op universiteit. Die studie het bevind dat deelnemers wat gemotiveerd was om Afrikaans op skool te leer, hoofsaaklik ook gemotiveerd is om Afrikaans op universiteit te leer. Hierdie motivering blyk meer ekstrinsiek te wees. Invloede sluit in persepsies van die kurrikulumvereistes, persepsies van die taal en gevoelens oor die leer van die taal. Die rol van die leerkrag in die klaskamer het in die deelnemers se persepsies van hulle motivering om Afrikaans te leer na vore getree. Vir navorsingsvraag 2 het die data-analise bepaal wat die deelnemers se persepsies is van hulle bereidwilligheid om Afrikaans oor die algemeen te praat en hul bereidwilligheid om Afrikaans in spesifieke kommunikatiewe situasies in die Afrikaans Kommunikasie 110-klas te praat. Die studie het bevind dat dié wat gemotiveerd is om Afrikaans op universiteit te leer, nie noodwendig ook bereidwillig is om Afrikaans in die klaskamer te praat nie. Hulle bereidwilligheid om Afrikaans in die klaskamer te praat, hang af van ’n reeks faktore. Hierdie faktore is veral situasioneel van aard en gaan gepaard met deelnemers se persepsies van hulle eie praatvermoë en die gespreksituasie, waarvan die onderwerp, die aantal gespreksgenote en hul bereidwilligheid om in Afrikaans te kommunikeer, deel vorm. Hierdie proefskrif dra by tot die diskoers oor onderwysstudente wat hulself as potensiële Afrikaansleerkragte sien en dié wat hulself nie in daardie professionele rol sien nie. Belangrike ooreenkomste en verskille tussen hierdie twee groepe se motivering om Afrikaans te leer en hulle bereidwilligheid om in Afrikaans te kommunikeer, het deur die bespreking van die twee navorsingsvrae op die voorgrond getree. Pedagogiese implikasies wat verband hou met studente se motivering om Afrikaans as tweedetaal te leer, en hulle bereidwilligheid om dit te praat in ’n provinsie waar hul blootstelling aan Afrikaans buite die klaskamer beperk is, is ook in ag geneem en bespreek.en_US
dc.language.isoenen_US
dc.subject.otherLanguage learning.en_US
dc.subject.otherAfrikaans.en_US
dc.subject.otherMotivation.en_US
dc.subject.otherWillingness to communicate.en_US
dc.subject.otherPre-service teachers.en_US
dc.titleMotivering by die leer van Afrikaans as tweedetaal (t2) en die bereidwilligheid om Afrikaans te praat : ’n gevallestudie by die skool vir opvoedkunde, Universiteit van KwaZulu-Natal.en_US
dc.title.alternativeMotivation to learn Afrikaans as second language (l2) and the willingness to speak Afrikaans : a case study at the school of education, University of KwaZulu-Natal.en_US
dc.typeThesisen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record